Tuesday, April 6, 2010

Die mens sterf uit- deur sy eie toedoen...


Die mens en alle soogdiere se toekoms op aarde is in die weegskaal. Of die mens nog verder sal evolueer en uiteindelik sal oorleef, is onseker. Die mens is maar nog net 200 000 jaar op die planeet en het in hierdie kort tydjie daarin geslaag om verwoesting te saai.

Die vernietiging van die osoonlaag deur middel van petrolaangedrewe motors, verbrakking van grond weens mynbou-aktiwiteite, asook verwoesting van natuurlike plantegroei deur aanbou van fabrieke, is slegs enkele voorbeelde hiervan.

Hierdie tipe van vernietiging lei tot die uitsterf van spesies. Navorsing bewys dat spesies geleidelik uitsterf, maar ook uitgewis kan word deur kortstondige massa-uitwissingsgebeurtenisse, byvoorbeeld tsunamies, orkane, vloede, aardbewings, vulkaniese uitbarstings ensovoorts. Alle spesies, ongeag grootte, is egter kwesbaar en die tempo van uitwissing is 10 000 keer vinniger as normaal- tot 50% van spesies kan teen 2050 uitgesterf wees. Wat hierdie feite meer skrikwekkend maak is dat daar beweer word dat indien daar wêreldwyd drie jaar na mekaar misoeste sou wees, die mens sal uitsterf.

Stem jy saam met die stelling dat die mens uitsterf deur sy eie toedoen? Gee jou opinie oor hierdie onderwerp.







4 comments:

  1. This comment has been removed by the author.

    ReplyDelete
  2. Ek is van mening dat die mens wel 'n bydrae lewer tot die probleem genaamd aardverwarming, wat indirek oorlewing van die mens bedreig. Net soos die mens skuld moet erken, net so is aardverwarming 'n natuurlike proses waar tyd geag kan word as die skuldige. Die probleem is egter daarin gegrond dat tegnologiese vooruigang soos petrolium aangedrewe motors, die uitbreiding van infrastruktuur ens, 'n noodsaaklkheid en afhanklikheid geword vir die mens, waarsonder ons as mense, terug geneem sou word na 'n tyd kenmerkend aan onproduktiwiteit. Ongeag die alternatiewe wat beskikbaar is soos elektroniese aangedrewe motors, is daar geen vermyding van die invloed wat dit op die omgewing uitoefen nie, aangesien elektrisiteit 'n skaars hulpbron geword het en die opwekking daarvan, steeds moeder aarde negatief beinvloed. Dit maak nie saak watter aksie/standpunt ons inneem wanneer daar verwys word na aardverwarming nie, aangesien die aarde steeds warm word en die osoonlaag verder verdun, soos die tyd aanstap, dis is wel die mens, met sy tegnologiese vooruitgang wat die proses versnel!!!

    ReplyDelete
  3. Ek stem volkome saam met die stelling dat ons uitsterf a.g.v ons eie te doen. Soveel mense voel hulle hoef nie oor die aarde en sy diere om te gee nie, want volgens hulle gaan hulle nie lank genoeg lewe om hierdie negatiewe gevolge te ervaar nie. So wat maak dit saak of ek die aarde besoedel? Wat maak dit saak of al die diere uitgesterf het? Hierdie houding openbaar volgens my niks anders as selfsugtigheid nie. As jy regtig om gee vir jou gesin en jou nageslag sal jy uit jou pad uit gaan om te verseker dat hierdie aarde nog mooi en leefbaar is vir hulle, al is jy nie meer daar nie!! Dit is tyd dat ons almal moet saam staan om die aarde te red!

    ReplyDelete
  4. Jy maak 'n gelidige punt dat die mens verwoesting saai en nie omgee vir die wereld waarin hy leef nie. Daar is tog wel mense wat 'n verskil probeer maak en ek is bly om te sien dat die wereldleiers ook nou meer aandag aan die onderwerp gee. Ons moet aardverwarming probeer keer anders gaan die mens nie meer lank op die aarde oor hê nie. Hoe gouer al die mense besef hulle moet hul deel doen om die aarde te beskerm, hoe beter gaan dit vir almal wees.

    ReplyDelete